Soek    

Stukkie Geskiedenis.

 

RPA het onlangs afgestig van die laerskool El Zera. El Zera Privaatskool is in 2010 deur Catherine en Johannes Grobbelaar gestig, om ‘n geborge plek te wees waar Afrikaanse leerlinge hulle beste potensiaal kan bereik. Die skool het begin met drie leerlinge en vinnig gegroei in dieselfde jaar tot 12 leerlinge. Die El Zera perseël het gou te klein geraak vir die aantal leerders en ons het al in 2013 die eerste keer probeer om die hoërskool weg te skuif. In Februarie 2015 het ons ernstig rondgesoek na die regte perseel om ons skool behoorlik te vestig. Dit was nie maklik nie en daar het telkemale dinge voorgeval wat ons verhinder het om ‘n perseel aan te skaf. Ons was bewus van die huis by die Prebeteriaanse kerk, maar was onder die indruk dat die eienaars glad nie sou belangstel om hierdie praghuis uit te verhuur nie. Noodgedwonge het ek Junie 2016 daar gaan aanklop. Van die intrapslag het Ds.Coetzee en sy vrou Prof.Annetjie Coetzee ons met ope arms ontvang. Ons skoolgebou is 90 jaar oud. As jy weer deur die huis stap, kyk mooi rond en jy sal die metaalgevormde plafonne sien, die antieke vensterhandvatsels, die deurkosyne, kandelaarligte en luister ook fyn, jy sal die hout vloer hoor kraak. Die huis is gebou deur John Howell John in 1926, wat later die eerste hoof van Laerskool Fontainebleau geword het. Ds.Kobie Coetzee (die huidige eienaar) het die huis in 1967 bekom. Dit is vir ons as RPA-groep ‘n voorreg om ons skool te vestig in so ‘n merkwaardige, geskiedkundige gebou.

Terug Terug na bo